bekostigbarebesighede.com Open in urlscan Pro
41.203.18.81  Public Scan

URL: http://bekostigbarebesighede.com/
Submission: On March 09 via api from US — Scanned from DE

Form analysis 1 forms found in the DOM

POST /index.php

<form action="/index.php" method="post" class="form-inline" role="search">
  <label for="mod-search-searchword84" class="element-invisible">Soek</label> <input name="searchword" id="mod-search-searchword84" maxlength="200" class="inputbox search-query input-medium" type="search" size="20" placeholder="Soek.."> <button
    class="button btn btn-primary" onclick="this.form.searchword.focus();">Soek</button> <input type="hidden" name="task" value="search">
  <input type="hidden" name="option" value="com_search">
  <input type="hidden" name="Itemid" value="108">
</form>

Text Content

Soek Soek



VOORDEUR

 * Bekostigbare Besighede
 * Vervaardiging van Parfuum
 * Vervaardiging van Skoonmaakmiddels
 * Vervaardig Kiste en Kaskets
 * Vervaardig Grafstene


KONTAK

 * Kontak Besonderhede
 * Bank Besonderhede
 * Student Terme en Voorwaardes
 * Aansoekvorms

 * Druk
 * E-Pos

Details Trefslae: 234356


BEKOSTIGBARE BESIGHEDE IN SUID AFRIKA

Bekostigbare, besigheid idees. Leer hoe om jou eie klein besigheid te begin in
Suid Afrika.

Aan die linker kant van die webwerf vind u bekostigbare besigheidgeleenthede en
inligting wat spesiaal ontwerp, geskryf en ontwikkel is om die sak te pas van
die gewone man in die straat, dit wil sê die man of vrou wat ‘n eie besigheid
wil begin maar nie oor baie kapitaal beskik nie.


Aan die regterkant van die webwerf vind u allerhande artikels oor hoe om ‘n
besigheid te begin en hoe om dit te bedryf. Daar sal gereeld nuwe artikels
verskyn, besoek ons dus gereeld.

Natuurlik is daar diegene wat graag tuis wil of moet werk. Vind ook inligting
aangaande bekostigbare tuisbesighede op hierdie webwerf. Deesdae is geen persoon
sy werk meer seker nie. Afrikaanse entrepeneurs soek na bekostigbare besighede
wat hulle kan bedryf op ‘n deeltydse basis.

Daar is min werk beskikbaar in die huidige ekonomiese klimaat. Baie mense is van
gedagte dat aangesien mens die risiko loop van aflegging elke dag, kan hul net
sowel die risiko loop om hul eie drome te bewaarheid; te werk vir hul eie sak in
plaas van die werkgewer deur hulle eie bekostigbare besigheid te begin.

Natuurlik gaan jou en jou familie se lewe verander wanneer jy 'n nuwe besigheid
begin, dit hang van jou af hoeveel julle lewe gaan verbeter. Indien jy dus jou
eie besigheid wil begin moet jy seker maak dat jy jou familie ken en in ag neem
en ook die regte opleiding ontvang; opleiding verseker ‘n beter kans op
besigheid sukses.

Meeste mense begeer 'n besigheid van hulle eie. Niemand wil vir altyd vir 'n
baas werk nie. 'n Ou man wat afgetree het nadat hy vir jare 3 suksusvolle
besighede bedryf het, het my eendag die woorde toebedeel: "Hester, wanneer jy
jou vaardigheid gebruik om iemand anders te verryk, is jy niks anders as 'n
betaalde slaaf nie."

Mense wil van nature hul omstandighede verbeter, maar dit is moeilik as jy elke
maand dieselfde salaris ontvang, maak nie saak hoeveel werk jy gelewer het nie.
Dis veel beter om jou eie baas te wees en jou eie salaris te bepaal binne die
raamwerk van wat die besigheid kan bekostig.

Dit is natuurlik nie altyd maanskyn en rose as jy jou eie besigheid bedryf nie,
en die eerste paar maande word die maandelikse tjek wat mens so gewoond aan is,
wel deeglik gemis.

Die groot dag kom wel wanneer jy wonder hoekom jy nie al vroeër jou eie
besigheid begin het nie! Weet dit, die eerste klompie maande werk jy miskien
drie keer harder as wat jy vir die baas gewerk het, maar hierdie keer werk jy
vir jouself en verdien jy wat jy werklik werd is. Jy weet ook waarom jy so hard
werk!


Dit is tog lagwekkend hoe baie mense dink dat as mens jou eie besigheid besit,
is daar altyd geld in jou sak. Wanneer jy die nuwe besigheid begin sal jy vind
dat daar uitgawes is, uitgawes wat dalk verantwoordelik gaan wees vir
besnoeiings in en om die huis. Op die lange duurte is dit tog die opofferings
werd. Onthou, mens eet ‘n olifant stuk vir stuk! Niks gebeur oornag nie.
 
Die mense wat beweer dat dit vinnig en gou is om ryk te word as jy jou eie
besigheid begin moet 'n sielkiundige spreek of lieg vir jou. Dit neem
deursettingsvermoe en harde werk, opofferings, bloed en sweet voordat die deur
van voorspoed en geld oopmaak. Besigheid is nie vir sussies nie en nog minder
vir lui mense!

Natuurlik moet die klein besigheid bedryf word volgens toepaslike
besigheidreels. Geen besigheid verander oornag in 'n winsgewende besigheid nie.
Weereens, mens eet 'n olifant stuk vir stuk!

Dit is makliker om jou eie klein bekostigbare besigheid te begin met die
vaardighede wat jy alreeds besit. Dit is egter nie altyd moontlik nie veral
wanneer groot somme geld nodig is om die besigheid te begin. Die alternatief is
om nuwe vaardighede aan te leer deur kursusse of werkswinkels by te woon.

Let wel: Elke besigheid wat hier gelys is het toepaslike opleiding,
handleidings, videos, bemarking sessies en dies meer ingesluit in die besigheid
sowel as nasorg om die nuwe entrepreneur te help om sukses te behaal.

Mense droom gewoonlik ryk maar leef arm. Hoekom?

Die antwoord is dat baie mense na hulle omstandighede kyk, en dan nie besef dat
net droom, niks verrig nie. As niks gedoen word nie, as die eerste stappe nie
geneem word nie, gebeur net mooi niks nie!

Gebrek aan kapitaal moet mens nie terug hou om jou eie besigheid te begin nie.
Daar is 'n groot verskeidenheid besighede wat met min geld begin kan word.
Deursoek hierdie webwerf en jy sal die besigheid vind wat jou sak gaan pas.

Wanneer mense aan besigheid dink, kyk hulle na besighede wat al lank bestaan.
Dit gee moed wanneer jy besef dat die entreprneur besighede met min geld begin
het en dat die besighede oor die jare verander het van klein besigheid in
besighede wat mense se lewens verander.

Moonlik wil jy eers jou nuwe besigheid idée toets en ‘n ruk lank vanaf die huis,
in jou vrye tyd bedryf voordat jy jou baas vaarwel roep. Die geld wat so
deeltyds gemaak word kan handig te pas kom om aankope vir die nuwe besigheid te
bevonds.


Al die klein besigeid idees op hierdie webwerf word aangebied met opleiding
ingesluit, sowel as vervaardiging en bemarking handboeke, DVD’s en CD’s waar
toepaslik. Natuurlik is daar na-verkoop diens en ander voordele ingesluit
byvoorbeeld hulp met die bemarking van u besigheid. Hierdie hulp met u besigheid
bemarking vind so plaas:

Jou besigheid word geadverteer in 6 verskillende besigheidgidse sodat jou
besigheid meer sigbaar is op die internet. Almal soek deesdae inligting op die
internet!

Waar gaan u 'n beter aanbod kry? Doen Aansoek vir 'n Bekostigbare Besigheid
hier.
 



BESIGHEID ARTIKELS

 * Kleinsake Bemarkingstrategiee
 * Klop jou mededingers
 * Ontwikkel jou besigheid webwerf
 * Eerlikheid en Intergriteit
 * Eie Besigheid - Voor en Nadele
 * Registreer jou Besigheid
 * Artikel Skrywer
 * Begin 'n internetbesigheid
 * Hoe om 'n webwerf te huur
 * Leer 'n nuwe vaardigheid
 * Wat is 'n bekostigbare besigheid?
 * Wat is bemarking?
 * Die eienskappe van ’n suksesvolle besigheidseienaar
 * Die eienskappe van suksesvolle besighede
 * Die invloed op ’n gesin wanneer ’n nuwe besigheid begin word
 * Hoe om ‘n besigheidsplan te skryf vir voorlegging aan die bank
 * Die belangrikheid van handelsmerke
 * Hoe om die Internet te gebruik om te soek vir spesifieke inligting
 * Die Wet op Verbruikersbeskerming
 * Hoekom moet ‘n besigheid adverteer?
 * Hoe om jou tyd goed te gebruik
 * Werk tuis

--------------------------------------------------------------------------------

Die inhoud van hierdie webwerf word beskerm deur die geregistreerde handels merk
van Trimo®

Back to Top

© 2023 bekostigbarebesighede.com