awb.co.za
Open in
urlscan Pro
196.41.130.158
Public Scan
URL:
http://awb.co.za/
Submission: On February 14 via api from US — Scanned from DE
Submission: On February 14 via api from US — Scanned from DE
Form analysis
0 forms found in the DOMText Content
* Tuisblad * Geskiedenis * Steyn vön Ronge * Eugene Ney Terre Blanche * Ontstaangeskiedenis * Simboliek * Gedigte * Embleme * Die AWB Lied * Muur van Herinnering * Muur van TROTS * Muur van SKANDE * Verootmoediging * Winkel/Store * Die Sweepslag * Die Sweepslag * Ou Sweepslag Publikasies * AWB Kalender van Gebeure * Kontak ons/Contact us * Tuisblad * Geskiedenis * - Steyn vön Ronge * - Eugene Ney Terre Blanche * - Ontstaangeskiedenis * - Simboliek * - - Gedigte * - Embleme * - Die AWB Lied * - Muur van Herinnering * - Muur van TROTS * - Muur van SKANDE * Verootmoediging * Winkel/Store * Die Sweepslag * - Die Sweepslag * - Ou Sweepslag Publikasies * AWB Kalender van Gebeure * Kontak ons/Contact us * AWB MEDIAVERKLARING Die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) het met skok en teleurstelling kennis geneem van die vernietiging van die AMPIE BOSMAN kultuurhistoriese museum tesame met sy inhoud deur ‘n brand op Dinsdag 24 Oktober 2023 te Lichtenburg. Dié insident is deel van ‘n patroon wat al meer beskadiging en vernietiging van Afrikanerkultuurskatte en Boereerfenisterreine tot gevolg het: grafskendings, verdwyning van kultuurhistoriese voorwerpe in die sorg van staatsbeheerde liggame, vandalisering van Boere-gedenkterreine en insidente van brandstigting wat permanente verlies van die Afrikaner se kultuurhistoriese erfenis tot gevolg het. Die vernietiging van die Ampie Bosman kultuurhistoriese museum is die mees resente en waarskynlik die grootste verlies aan kosbare erfenisbates en onvervangbare kultuurskatte wat die geskiedenis van die Boerevolk op die platteland uitbeeld. Dié verlies is die direkte gevolg van wanbestuur op alle regeringsvlakke en vorm ‘n patroon wat te Lichtenburg met die vandalisering van genl. Koos de la Rey se graf en diefstal van sy borsbeeld aldaar ‘n aanvang geneem het. In dié geval het die onbeholpe ondersoek van die SAPD nog geen nadelige gevolge vir die skenders gehad nie. In geval van die Ampie Bosman kultuurhistoriese museum is die vernietiging voorafgegaan deur twee dae van betogings, brandstigting en openbare oproer. Die SAPD het geen sigbare stappe geneem om openbare geboue en eiendom te beveilig nie, ten spyte van die feit dat alle aanduidings bestaan het dat openbare eiendom bedreig word. Die AWB hou die SAPD direk verantwoordelik vir die gebrek aan polisiëring en beveiliging van erfenisbates wat tot hierdie ramp aanleiding gegee het. Voorts word die Munisipale owerheid aanspreeklik gehou vir die onverantwoordelike wyse waarop dié kultuurhistoriese museum bestuur en instand gehou is. Ten spyte van herhaalde oproepe dat die artefakte en versamelings in dié museum onder beter erfenisbestuur geplaas word is daar niks aan gedoen nie. Die AWB versoek dat die SAPD spoedeisend die resultate van die ondersoek na moontlike brandstigting sal openbaar. Voorts oefen die AWB die reg uit om self ondersoek na die oorasake van die brand te doen, die omvang van die skade te bepaal en diegene wat vir die verlies verantwoordelik is, aanspreeklik te hou. Die AWB doen ook ‘n dringende oproep aan bruikleenhouers van artefakte wat vernietig is om met die AWB in verbinding te tree sodat siviele aanspreeklikheid van die betrokke owerheidsinstansies bepaal kan word. Uitgereik deur: AWB Datum : 25 Oktober 2023 Navrae : Steyn von Rönge – Leier van die AWB awbhoofkantoor777@gmail.com 018 – 2643669 steyn@awb.co.za 082 – 5745365 Oktober 27, 2023 AWB 50STE BESTAANSJAAR DINEE 8ste Julie 2023 Plek: WAWIEL COUNTRY LODGE VENTERSDORP Tyd: 12h00 Koste: R250-00 (Kontant kroeg) Geen Denims, Tekkies of Kortbroekke nie Kleredrag: Semi-Formeel AWB Dasse mag gedra word. Dasse beskikbaar by Hoofkantoor teen R120elk Kaartjies moet betaal word by die 1ste Junie 2023 Bespreek so gou moontlik by HK, daar is net 100 kaartjies beskikbaar. U kan self die onderstaande verblyf reël, dit gaan nie deur HK behartig word nie. VERBLYF Wawiel Country Lodge 0795062490 Mosaic B B 083456 6110 Doc Villa018 264 4456/ 0745349868 Mei 17, 2023 AWB 50STE BESTAANSJAAR Mei 16, 2023 NATIONALE SKIETDAG 2023 Februarie 22, 2023 AWB AFSLUITING 2022 Alle lede welkom. Kom geniet die Naweek saam ons. Oktober 14, 2022 LANDSBERAAD 2022 September 27, 2022 MEDIAVERKLARING VUURWAPENBEHEERWET 25 MEI 2021 Die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) het met intense teleurstelling en skok kennis geneem van die voorneme, van die SAPD, om die Wet op die Beheer van Wettige Vuurwapens, Wet 60 van 2000, eensydig te wil wysig, soos onlangs in die Staatskoerant afgekondig. Deur huis en haard beskerming toe te pas is die reg van elke mens en burger van hierdie land, en kan nie deur die Regering van die dag beperk en aanbande gelê word nie. Die voorgestelde wysigings aan die Wapenwet is nie net verregaande nie, maar ook teenstrydig met die Suid-Afrikaanse Grondwet. Die Grondwet van Suid-Afrika bepaal in die Handves van Menseregte dat elke burger die reg tot ‘n veilige omgewing het en word dus also gewaarborg deur die Grondwet. Die plig rus dus op die Owerheid om sy burgers te beskerm en om toe te sien dat die burgers van die land in veiligheid woon en werksaam is. Omrede die Regering klaaglik gefaal het om Suid-Afrikaners se veiligheid te waarborg, beskik elke burger oor die reg om hom/haar self te beskerm. Hierdie is immers ‘n Internasionale reg wat wêreldwyd erken word. As gevolg van die onvermoë van die SAPD, of by wyse van die gebrek aan toewyding van die lede van die SAPD om misdaad te bekamp, vier misdaad, rampokkery en vele ander misdrywe hoogty in die land. Om dus jouself te wil beskerm met ‘n wettige vuurwapen waaroor jy beskik ter selfverdediging teen hierdie misdadigers word nou deur die Minister van Polisie as ongewens geag. Onlangse statistiek, om maar net enkele te vermeld, van die SAPD bevestig die volgende in SA : (gevalle per dag) Moord 58 Poging tot moord 65 Roof 503 Huisbrake 742 Diefstal 1191 Totale kriminêle oortredings per dag = 6403 (25 jaar gemiddeld) Die nuutste misdaadstatistiek toon ‘n styging in aanvalle en moord. Sommige SAPD lede is deel van die korrupsie wat die diens verswak. Bheki Cele, die Minister van Polisie, wil die burgery ontwapen deur drakoniese wetgewing, maar hy omring homself met talle swaargewapende lyfwagte, wat deur die belastingbetalers betaal word, waar hy ookal beweeg, soos in die media berig. Die BBP beskerming van ampsdraers van die Owerheid, se begroting word met miljarde rande verhoog. Watter bedreiging staar hierdie persone in die gesig wat nie van toepassing is op die gewone landsburger nie. Om te verwag dat boere en bejaarde persone wat verafgeleë en afgesonder is, hulleself nie mag beskerm nie, is ondenkbaar en absurd. Die probleem in die land is nie die wettige vuurwapens nie maar wel die onwettige wapens wat deur bendes en kriminêle besit word met die hulp van die polisie. Dat bykans 25% van alle moorde toegeskryf kan word aan gewapende roof, verkragtings, vigilantisme, bende voorvalle en of weerwraak tussen die krimineel en die slagoffer. Hierdie misdade word almal met ongelisensieerde vuurwapens gepleeg. As die Owerheid stabiliteit en vrede in die land wil handhaaf spreek die probleem van onwettige vuurwapens aan. Laat vaar die aanslag op die persoon wat oor ‘n wettige wapen beskik om te jag, sportskiet te be-oefen of om hom/haarself te beskerm teen die kriminêle elemente en om sy/haar wapen te mag gebruik vir dit waarvoor dit bestem en gelisensieer is. Die AWB daag die Minister van Polisie uit om die statistiek bekend te maak van hoeveel onwettige vuurwapens betrokke is by misdaad teenoor hoeveel wettige eienaars met wettig gelisensieerde wapens by hoeveel en watter tipe misdaad betrokke is of was. Die vraag kan geopper word met die ANC wat die huidige Gronwet van die land wil verander om ondermeer eiendom te onteien sonder vergoeding, wat is die sogenaamde dringendheid nou om die vuurwapenwet te wil wysig ? Hou dit vir hulle enige gevaar in ?. Die lede van die AWB, as westgehoorsame landburgers, gaan hulle nie laat intimideer deur die boelie taktiek wat die Regering toepas om van wettig gelisensieerde vuurwapens ontslae te raak nie. Die AWB sal hierdie boelie taktiek met hand en tand beveg met alle hulpmiddels tot hulle beskikking. Die eensydige ontneming van ‘n wettige vuurwapenlisensie, wat voorheen deur die ANC Regering toegeken is aan ‘n vuurwapen eienaar is ononderhandelbaar en sal nie geduld word nie. Die geskiedenis van die wêreld bewys onteenseglik dat waar daar in die verlede landsburgers die reg ontneem is om oor vuurwapens te beskik die uitkoms was die van VOLKSMOORD en ANARGIE. Hierdie toedrag van sake is vir die AWB en sy ondersteuners onaanvaarbaar ! Vir die eerste keer in die geskiedenis word dit nou duidelik dat met die onderskeie groepe wat ons in die land aantref, en wat almal oor gemeenskaplike eiendom/saak beskik, daar nou die kwelpunte na die oppervlak kristaliseer. Hulle probleem is ons probleem en ons probleem is hulle probleem ! Die AWB sal uitreik na alle verteenwoordigende organisasies en persone, wat oor wettige vuurwapenlisensies beskik en wat dieselfde uitkoms nastreef as hulleself, om oor hierdie kwessies te vergader en te beraadslaag. Uitgereik deur: AWB Datum : 25 Mei 2021 Navrae : Steyn von Rönge Leier van die AWB Sel no 082 574 5365 AWB MEDIA VERKLARING – WAPENONTEIENING Die voorgenome implementering van Wetgewing, en ander pogings wat aangewend word, om persone wat beskik oor lisensies om ‘n wapen te mag besit en te gebruik, van hulle wapens te ontneem op slinkse en slu wyses word deur die AFRIKANER WEERSTANDSBEWEGING (AWB) ten sterkste veroordeel en geminag. Ons woon in ‘n land waar daar meer as 20,000 moorde per jaar gepleeg word. Misdaad in die Republiek van Suid-Afrika is totaal en al buite beheer en kan die Suid-Afrikaanse Polisie Diens dit nie beheer en onder bedwang kry nie. Plaasmoorde is aan die orde van die dag en van die wreedste denkbare metodes word gebruik om Landbouers en hulle naasbestaandes op die wreedaardigste moontlike wyses te moor, te verkrag en te skend sedert 1994. Polarisasie van blankes word aangevuur en aangehits deur senior politici van die land sowel as van die Opposisie politieke partye in die Parlement. Die blankes in die land word uitgekryt en beskryf as “KOLONIALISTE” as sogenaamde “IMMIGRANTE” as “SETTLERS” en as die “ROWERS” en “DIEWE” van landbougrond. Die grootste verlies van vuurwapens tesame met ammunisie vind plaas by die veiligheidsmagte van Suid-Afrika en wel by die SAPD en die SANW. Daar is ook vele bewyse wat bestaan dat lede van die Veiligheidsmagte betrokke is by misdaad, soos plaasaanvalle, transito rooftogte van geld en vele meer. Wapens van die Veiligheidsmagte asook vuurwapens wat reeds ingehandig is vir vernietiging, deur wettige eienaars, word deur die misdadigers gebruik as onwettige en ongelisensieerde vuurwapens om hierdie aksies uit te voer. Met die voormelde inagenome is daar nou pogings en dreigemente om die eienaars van wettige vuurwapens hulle reg op die besit en gebruik van hulle wapens te ontsê en te ontneem, en selfs in gevangenisse te laat opsluit. Met die huidige stand van sake in die land is daar nie ‘n manier hoe wettige vuurwapen eienaars van die AWB hulle wapens kan of sal terug handig aan die SAPD nie. Daar word voortdurend ‘n beroep op AWB lede gedoen om binne die wet te handel en te wandel. As die ANC, wat tans die Regering van die dag is, wette wil implementeer wat teen die verloop van die huidige Grondwet van die land is, sal die AWB dit nie erken nie. Die huidige Grondwet van die land bepaal uitdruklik dat elke wettige burger en inwoner van die land oor die reg beskik om sy lewe te mag BESKERM. In die Handves van Menseregte, Hoofstuk 2 van die Grondwet, wet 108 van 1996, wat geïnkoporeer is in die Grondwet van die RSA, word dit duidelik en breedvoerig omskryf dat elke landsburger die reg het op menswaardigheid en dit dus kan beskerm. Verder dat daar nie teenoor ‘n persoon wat ‘n burger van hierdie land is gediskrimineer mag word nie. Mnr Malema van die EFF maak uitsprake dat: “ ….die slagting van blankes nie nou gaan plaasvind nie ….” Uitsprake deur senior ministers van die Regering en selfs voormalige Presidente van die land huldig dieselfde strekking. Hierdie tipe van uitsprake bring ‘n gevoel van onrustigheid, bedreiging en intemedering by sommige landsburgers tuis. Om hierdie rede ag die AWB se Uitvoerende Raad dit dwaas en onbedag om enigsins van ‘n wettig gelisensieerde wapen ontslae te wil raak. Die oorgrote meerderheid van misdaad in Suid-Afrika word met onwettige wapens deur misdadigers gepleeg. Die Owerheid word gemaan om versigtig te wees met uitsprake en die moontlike implementering van wetgewing om van wettig gelisensieerde wapens van burgers van die land onregmatig te wil terugneem omrede die Grondwet van die RSA en die Internasionale Reg dit voorstaan dat elke burger van die land die reg het om sy eiendom en sy lewe te mag beskerm. Daar bestaan vele bewyse dat hulle wat ons beskuldig en beswadder aandadig is aan die Volksmoorde in ander lande. Dit word wyd en algemeen in die media verkondig dat : “Africa’s most endangerd species – the white farmer “ tans onder beleg is. Hierdie gaan aanleiding gee tot ‘n tekort aan voedselsekerheid wat verder gaan lei tot hongersnood en ‘n drastiese toename in misdaad, weens mense se strewe na oorlewing. Die AWB sê prontuit ons kan nie ons wapens inhandig nie. Maar as gevolg van die bogenoemde stellings sê ons nou ons SAL NIE en GAAN NIE ons wapens aan misdadigers oorhandig nie. Die AWB wil met niemand in konflik tree nie. Die AWB wil met niemand in ‘n geveg betrokke raak nie. Die AWB wil net dat sy lede en ondersteuners oor die reg beskik om hulleself te beskerm, hulle lewens en hulle eiendom en die van hulle naasbestaandes. Maar as daardie reg van ons weggeneem wil word, of gaan word, dan sal die AWB sê : Ons sal nie ons wapens inhandig nie. Wie gaan ons beskerm ? Die SAPD is nie bevoeg om die burgers van die land in veilige omstandighede te laat voortleef nie en daarmee saam kan en wil hulle nie toesien tot vreedsame naasbestaan van die burgers van die RSA nie. Die SAPD is hoogs omstrede weens hulle betrokkenheid by plaasaanvalle en misdaad van self kontant transito rooftogte. Die AWB is genoodsaak om in die bres te tree vir die nageslag, of daar sal nie een wees nie. Die AWB wil dit weereens beklemtoon dat Internasionale Wette en die Internasionale Reg, sowel as die Grondwet van die RSA maak uitdruklik daarvoor voorsiening dat ‘n persoon homself en sy eiendom kan en mag beskerm, tydens geweld, tydens volksmoord en tydens enige misdaad van welke aard ookal. Die AWB en sy ondersteuners staan op die kantlyn en is nie betrokke of ‘n party tot die konflik nie. Maar indien daar ‘n aanslag op ons mag wees wil ons onsself daar kan verdedig en beskerm met wettig gelisensieerde vuurwapens. In hierdie verband streef die AWB en sy ondersteuners daarna om wetsgehoorsame burgers te wil wees. Om nie soos die misdadigers en ongehoorsame persone met onwettige en ongelisensieerde vuurwapens op te tree nie. Waar het die AWB se lede, wat hoogs gedissiplineerd is, die afgelope 10 tot 15 jaar enige moord gepleeg ? Of was hulle betrokke by transito rowe, misdaad of korrupsie ? Die AWB lede weerhou hulle van aanranding op onskuldige persone. Misdaad, korrupsie, aanranding, verkragting, handeldryf in mensehandel, transito rowe en ander misdaad is nie in die styl van die AWB nie. Met die onfeilbare skoon rekord van hierdie Beweging waaroor dit beskik en sy strewe om slegs sy lede paraat te kry deur die beskerming van huis en haard toe te pas en nou sy lede wederegtelik te wil ontneem van sy konstitusionele reg om ‘n vuurwapen te mag besit om sodoende sy lewe en eiendom te mag beskerm, dit in stryd is met die Internasionale Reg. Om die WETSGEHOORSAME burgers van hierdie land onregmatig te ontwapen – Daar is nie ‘n manier nie !!! Ons sal dit teenstaan en met alles tot ons vermoë bestry en beveg. Generale Staf en Uitvoerende Raad AWB 25/05/2021 Mei 26, 2021 LANDSBERAAD 2020 * September 30, 2020 VERJAARDAGWENSE Die AWB en Generale staf wens Leier Steyn Von Rönge geluk met die herdenking van sy geboorte dag. Mag ons Vader sy paaie uitlé met genadegawes vir die jare wat voorlê. Boere groete April 7, 2020 VIR KENNISNAME – JOHANN JEPPE Maart 21, 2020 * 1 * 2 * 3 * Next › * » MY KINDERS. BLY GETROU AAN JULLE GOD, VOLK EN VADERLAND. Kom lê jou hand in myne, saam sal ons wen! U KAN ONDERSTAANDE VORMS AFLAAI, INVUL EN AAN HOOFKANTOOR STUUR PER FAKS (+2718 264 2516) OF EPOS (MTB@TELKOMSA.NET). YOU CAN DOWNLOAD THE BELOW FORMS, FILL IT IN AND SEND IT TO HEADOFFICE VIA FAX (+2718 264 2516) OR EMAIL (MTB@TELKOMSA.NET). AWB EED 2019 2019 AANSOEK VIR EPOS 2019 AWB MEMBERSHIP APPLICATION Die AWB ondersteun die Volksraad Verkiesings Komissie, besoek die webblad hier: VVK.co.za KOPIEREG Alle inhoud, teks, beeldmateriaal, fotos en prente is Kopiereg van Die AWB en Brandwag. Alle regte word voorbehou. Sien ook Embleme afdeling vir kopiereg op alle embleme van die AWB en Brandwag. Developed by Think Up Themes Ltd. Powered by WordPress.